Jou kind hoef nie harder te leer nie.

Hy moet net leer op die manier wat by hóm pas.

FutureMind help ouers om te verstaan hoe hul kind die beste leer. Deur ’n volledige breinprofiel en persoonlike studiegids identifiseer ons leermetodes, studietegnieke en praktiese riglyne wat by jou kind se individuele leerbehoeftes pas. Aanlyn beskikbaar vir leerders regoor Suid-Afrika.

VOLTOOI DIE VRAELYS

Hoekom werk dieselfde studiemetode nie vir elke kind nie?

Elke kind verwerk en benader leerwerk op ’n ander manier. ’n Studiemetode wat uitstekend vir een leerder werk, pas dus nie noodwendig by die volgende een nie.

Daarom kyk FutureMind na jou kind se individuele leerbehoeftes om te bepaal watter leermetodes en studietegnieke beter by hulle kan pas.

Wat kry jy met jou FutureMind Breinprofiel?

’n Volledige breinprofiel én persoonlike studiegids wat by jou kind se unieke leerbehoeftes pas.

Nadat jy die vraelys voltooi het, gebruik FutureMind jou antwoorde om jou kind se volledige breinprofiel saam te stel en te bepaal watter leermetodes en studietegnieke die beste by jou kind se leerbehoeftes pas.

Jy ontvang daarna praktiese riglyne wat jy en jou kind op julle eie tyd kan deurwerk en toepas.

Jou FutureMind-pakket sluit in:

Volledige breinprofiel

Stap-vir-stap studieriglyne

Praktiese raad oor hoe jy as ouer kan help

Persoonlike leermetodes

Die gepaste studie-omgewing

Eksamenvoorbereiding

Riglyne oor hoe jou kind die beste leer

“Hacks & Tricks” vir jou kind se manier van leer

Hoe werk dit?

Van vraelys tot leermetode-pakket.

  1. Vul die vraelys in

Beantwoord ’n paar vrae oor jou kind se leer- en studiegewoontes, skoolroetine, studie-omgewing en huidige behoeftes.

  1. Ons ontvang jou antwoorde

Wanneer jy die vraelys indien, word jou antwoorde direk aan FutureMind gestuur. Jy ontvang ook ’n bevestigings-e-pos wanneer jou vraelys suksesvol ontvang is.

  1. Maak jou betaling

Jou bevestigings-e-pos bevat ’n veilige betaalskakel waarmee jy die R650-betaling vir jou FutureMind-pakket aanlyn kan voltooi.

  1. Ontvang jou breinprofiel & studiegids

Nadat jou betaling ontvang is en jou kind se profiel voltooi is, ontvang jy die volledige breinprofiel en persoonlike studiegids digitaal.

FutureMind Breinprofiel & Studiegids — R650

Een volledige pakket wat jou kind se breinprofiel, persoonlike leermetodes en praktiese studieriglyne insluit.

Aanlyn beskikbaar regoor Suid-Afrika.

Kontak ons

082 853 9523

Upington, Noord-Kaap, 8800

2026 All Rights Reserved

Ontwerp deur Sociallylani

Wat is ’n breinprofiel?

’n FutureMind-breinprofiel help jou om jou kind se individuele manier van leer beter te verstaan. Deur na die inligting oor jou kind se leergewoontes, skoolroetine, studie-omgewing en huidige uitdagings te kyk, stel FutureMind ’n profiel saam wat gebruik word om toepaslike leermetodes en praktiese studieriglyne vir jou kind te identifiseer.

Die doel is nie om elke kind dieselfde te laat leer nie, maar om jou kind te help ontdek hoe hulle die beste leer.